Die beste ‘Hoe Om…’ artikels vir jou geestelike lewe op Nader In Eenvoud. Kies watter een jou kan help om te groei in jou verhouding met Jesus.
Soms sit ‘n mens met jou hande in jou hare, want jy weet nie hoe om ‘n spesifieke ding te doen nie.
Met ‘n mens se geestelike lewe is dit ook nie anders nie.
By Nader In Eenvoud probeer ons om gereeld artikels te plaas wat jou wys hoe jy iets, wat met jou geestelike lewe te doen het, moet doen.
Hier onder is daar 15 artikels (twee is eintlik video’s) wat jou kan help. Daar is artikels vir jou stiltetyd, gebedslewe, geestelike groei, en nog meer.
My gebed is dat dit vir jou baie gaan beteken en jou natuurlik sommer baie gaan help!
HOE OM… – ARTIKELS VIR JOU STILTETYD.
Gebruik die artikels in die Tabernakel om jou te herinner aan wat die Here vir jou gedoen het en om jou te help om jou hart voor te berei vir ‘n ontmoeting met God.
Tyd in die Woord is een van die belangrikste dinge wat jy mee kan besig wees. Hierdie wenke vir Bybelstudie sal jou help om meer te kry uit jou tyd in die Woord.
‘n Mens kan nooit genoeg tyd saam met God spandeer nie. Gebruik hierdie wenke en eindig jou dag met God in Sy Woord.
HOE OM… – ARTIKELS VIR JOU GEBEDSLEWE.
God se Woord is Sy wil. Om God se Woord te bid, is dus om volgens Sy wil te bid. Gebruik Psalms, beloftes, opdragte en nog meer om God se Woord te bid.
Gebed is ‘n belangrike aspek van ‘n gelowige se verhouding met God. As jy jou gebedslewe wil verbeter, hier is ‘n paar idees om jou te help.
HOE OM… – ARTIKELS VIR JOU GELOOF.
Ontwikkel jou geloof deur die volgende ses stappe, sodat jy alles kan ontvang wat Jesus vir jou verkry het deur Sy kruisdood en opstanding.
God wil hê dat Sy kinders in geloof moet leef, want dit is geloof wat Hom behaag. Maar hoe doen ons dit? Hierdie artikel sal jou die antwoord gee.
NOG ARTIKELS VIR JOU GEESTELIKE LEWE.
Gebruik hierdie sewe, maklike stappe om ‘n muur van beskerming om jou en jou geliefdes se lewens te bou in hierdie laaste dae.
Almal beleef een of ander tyd ‘n lewensstorm. Wanneer ‘n storm weer jou kant toe kom, gebruik hierdie ses stappe om as oorwinnaar uit die stryd te tree!
Om te kla is ‘n gewoonte. Dit is los nie probleme op nie, maar veroorsaak net meer. Hierdie artikel leer jou hoe om die gewoonte te oorwin.
Die duiwel is daagliks besig om aanvalle in jou gedagtes te loods. Maar God het jou die wapens gegee sodat jy die geveg kan wen.
Om vrug te dra in nie opsioneel vir God se kinders nie. Maar hoe doen ons dit? Jesus gee Self vir ons die antwoord en leer ons hoe in Johannes 15.
Om jou te bekommer is ‘n gewoonte wat verander kan word. God sê in Sy Woord dat ons ons nie moet bekommer nie, maar al ons kommer vir Hom gee.
VIDEO’S VIR JOU GEESTELIKE LEWE.
Hoe Om Aan Jou Verhouding Met God Te Werk
Hoe Om Van God Se Teenwoordigheid Bewus Te Wees
Ek hoop dat jy ‘n artikel of twee gekry het wat jou gehelp het en vir jou van waarde was.
Teken gerus in op ons weeklikse nuusbrief, sodat jy niks op Nader In Eenvoud misloop nie!