Begin Hier

Welkom By Nader In Eenvoud!

Welkom by Nader In Eenvoud

‘n Stil hart. ‘n Oop Bybel. ‘n Lewe naby Jesus.

As jy lanklaas stil geraak het met jou Bybel, of as jy nog nooit regtig geweet het hoe om stiltetyd te hou nie — jy is op die regte plek. Ons reis saam, stadig en in eenvoud.

Hier kry jy leiding, bemoediging en hulpmiddele wat jou help om:

  • jou verhouding met die Here te verdiep,
  • gebed deel van jou daaglikse lewe te maak,
  • en weer vreugde in Sy Woord te vind.

Begin sommer vandag nog jou reis deur die Woord met die VOLG-stiltetyd-metode. Dis ‘n eenvoudige metode wat jou help om nie net jou verhouding met die Here te verdiep nie, maar om die Bybel beter te leer ken.

Die VOLG-Stiltetyd-metode

Wil jy graag ‘n meer gefokusde tyd saam met die Here hê? Hierdie is maar ‘n paar van die e-boeke wat in ons aanlyn-winkel beskikbaar is, wat jou kan help om jou tyd met God te verdiep:

By Jesus Se Voete is ‘n stiltetyd-gids wat bedoel is om jou te help om by Jesus stil te word, sodat jy jou hart en gedagtes op Sy Teenwoordigheid kan fokus, tyd met Hom spandeer en so aan julle verhouding bou.

Hart tot Hart is geskryf om jou te help om meer gemaklik en vertroud te raak met gebed. Ons bespreek die vrae wat baie van ons het oor gebed, leer by Jesus se voorbeeld en ontdek hoe om die Bybel as gids vir ons gebede te gebruik. Jy sal ook ‘n eenvoudige gebedsmetode aanleer wat jy dadelik in jou stiltetyd sal kan begin gebruik.

Jesus, Die Bybel, En Jy leer jou alles wat jy moet weet oor die VOLG-metode. Dis ‘n eenvoudige, praktiese metode wat jou help om ‘n Bybelgedeelte te ondersoek, die lesse daarin raak te sien en te dink oor hoe jy dit kan toepas.

Hier is vier maniere wat jy kan probleer om te begin om Bybel te lees as jy nie weet waar om te begin nie en oorweldig voel.

Wonder jy wat om in jou stiltetyd te doen? Hier is 11 idees wat jy kan probeer.

Gebruik hierdie maklike gebedsmetode om jou te help wanneer jy sukkel om te bid.