Soms vind ‘n mens dit mos maar moeilik om tyd in die Bybel te spandeer.
Partykeer is dit as gevolg van ‘n gebrek aan beplanning, en dan is daar nie tyd daarvoor nie.
Ander kere gaan sit jy wel met die Bybel, maar dan weet jy nie so mooi waar om te lees nie, en los dit sommer.
As jy gedurende jou stiltetyd wonder waar jy kan lees, dan is hierdie ‘n Bybelleesplan jou oplossing!
Hier by Nader In Eenvoud kan jy elke maand ‘n nuwe Bybelleesplan aflaai, wat handel oor ‘n ander onderwerp.
Die leesplanne is so opgestel dat jy net gedurende die week die plan volg. Op dié manier is daar ekstra dae waar jy kan inhaal as jy dalk agter geraak het.
Om ‘n leesplan af te laai, vul jou naam en e-pos adres hieronder in, en ek stuur dadelik vir jou ‘n e-pos met die skakel na die Leesplanblad.
Mag die Here die leesplanne gebruik om jou te help om Hom beter te leer ken, jou verhouding met Hom te bou, en jou te laat groei.