TYD SAAM MET GOD: ONS BESTE ARTIKELS

In die gewoel van ons daaglikse lewens is tyd saam met God ‘n kosbare geskenk wat ons aan onsself kan gee. Om jou in 2024 te help met jou stiltetyd, het ek ‘n klompie van ons artikels bymekaar gesit, wat jou gaan help om dié jaar regtig tyd met God te spandeer. Daar is artikels met raad oor hoe om stiltetyd te hou. Daar is arikels oor Bybellees, oor gebed, oor die hou van ‘n joernaal en nog meer. So, maak vir jou ‘n koppie koffie en kom ontdek die talle maniere wat jy kan gebruik om jou stiltetyd-ervaring te verbeter.

Tyd saam met God

Stiltetyd beteken dat jy tyd opsy sit in jou besige dag om saam met God te kuier. Daar is heelwat dinge wat jy gedurende hierdie tyd kan doen, soos Bybellees, bid, die Woord oordink, ensovoorts. In die volgende artikels kyk ons na hoe om ‘n betekenisvolle stiltetyd te hê, hoe om tyd saam met God te spandeer wanneer jy besig is en ook unieke maniere om tyd met God te spandeer.

Stiltetyd beteken eenvoudig om tyd met God te spandeer. Hier is ‘n paar idees hoe om dit te doen as jy nog ‘n beginner is.

Is een van jou nuwejaarsvoorneme om nader aan God te kom? Een ding wat hiermee kan help is om elke dag ‘n betekenisvolle stilteyd te hê.

Dit is moontlik om tyd met God te spandeer selfs al is jy baie besig. Gebruik hierdie twee stappe om jou daarmee te help.

Nie almal kan op die tradisionele manier tyd saam met God spandeer nie. Hier is ‘n paar unieke maniere om te probeer as jy sukkel daarmee.

Alle gelowiges wil graag nader aan God kom. Hier is tien maniere wat jy kan gebruik om jou daarmee te help.

Een van die dinge wat ons doen wanneer ons tyd saam met God spandeer, is om die Bybel te lees. Deur die Bybel leer ons God ken. Ons leer wie Hy is en wat Hy doen. Dis dan ook deur die Bybel wat ons leer hoe Sy stem klink, sodat ons weet wanneer Hy deur Sy Gees met ons praat. Ek het die volgende artikels gekies om jou te help om hierdie jaar meer tyd in die Bybel te spandeer en so vir God beter te leer ken.

‘n Bybellees-roetine gaan jou help om die gewoonte aan te leer om elke dag Bybel te lees. Volg hierdie maklike stappe en begin vandag nog.

Wil jy meer tyd in die Bybel spandeer? Hier is ‘n paar idees wat jy kan gebruik om dit te doen.

Wanneer jy God se Woord oordink, plant jy dit in jou hart. Dan moet jy doen wat dit sê. Dit is God se resep vir voorspoed en sukses.

Laai die gratis Skryf Die Woord PDF af en gebruik dit in jou stiltetyd. Skryf die Woord en bêre dit diep in jou hart waar dit kan wortel skiet en vrug dra.

Hier by Nader In Eenvoud word daar elke maand ‘n nuwe Bybelleesplan beskikbaar gestel. Dié leesplanne dek verskillende onderwerpe en kan gratis afgelaai word as jy ingeteken is op ons weeklikse nuusbrief. In die volgende artikels gesels ons oor die leesplanne asook hoe om dit in jou tyd saam met God te gebruik.

Bybelleesplanne is die ideale hulpmiddel om jou te help in jou stiltetyd. Nou hoef jy nie meer te wonder waar in die Bybel jy moet lees nie!

Sukkel jy om jou leesplan sinvol te gebruik? Hier is ‘n paar wenke vir jou stiltetyd om jou tyd in die Woord meer betekenisvol te maak.

Wonder jy waar om te begin om jou Bybel te lees? Gebruik leesplanne vir die Bybel om jou daarmee te help. Gratis leesplanne beskikbaar.

As jy ook graag elke maand ‘n leesplan wil ontvang, teken dan in op ons nuusbrief deur jou inligting hieronder in te vul.

Gebed is een van dié belangrikste geestelike dissiplines wat ons as gelowiges kan hê. Ongelukkig sukkel ons soms daarmee. As jy ook daarmee sukkel, dan gaan die volgende artikels jou verseker help.

Het jy hulp nodig vir jou gebedslewe? In hierdie artikel kyk ons na ‘n paar dinge wat jy kan doen om die gewoonte aan te leer om te bid.

Gebed is ‘n belangrike aspek van ‘n gelowige se verhouding met God. As jy jou gebedslewe wil verbeter, hier is ‘n paar idees om jou te help.

Hier is 10 riglyne vir gebed wat jy in gedagte kan hou wanneer jy vas. Dis ook goeie riglyne vir gebed in die algemeen.

In die Bybel Biblioteek is daar ook ander hulpmiddele wat jy in jou gebedslewe kan gebruik. Daar is byvoorbeeld ‘n e-boekie met Woord gebede wat jy vir jou kind kan bid. Daar is ook een wat jy kan gebruik om vir jou finansies of jou huwelik te bid. Teken in op ons weeklikse nuusbrief en kry toegang tot die Bybel Biblioteek sodat jy hierdie hulpmiddele kan aflaai en gebruik.

Daar is verskillende tipes joernale wat jy in jou stiltetyd kan gebruik. In die volgende artikels gesels ons drie van dié joernale. Selfs al is jy nie lief vir skryf nie en al het jy nog nooit ‘n joernaal gehou nie, is dit ‘n dissipline wat jy dalk vir die nuwe jaar kan oorweeg.

‘n Geestelike joernaal is ‘n boek waarin jy boekhou van jou geloofsreis met God. Dis ‘n goeie hulpmiddel wanneer jy graag geestelik wil groei.

Gebruik die Gebedsjoernaal om jou in jou stiltetyd te help om God te ontmoet en meer gefokus te wees. Daar is ook ‘n gratis Gebedsjoernaal in PDF-formaat wat jy kan aflaai.

‘n Dankbaarheidsjoernaal is een van die beste maniere waarop jy die gewoonte kan aanleer om dinge raak te sien waarvoor jy dankbaar kan wees.

Die artikels hierbo is nie die enigstes oor stiltetyd, Bybellees, gebed, jou verhouding met God, ensovoorts nie. Ek wil jou dus uitnooi om nog so ‘n bietjie hier op Nader In Eenvoud rond te kyk. ‘n Mens weet nooit wat jy raakloop wat jou in hierdie jaar gaan help in jou tyd saam met God nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *