Meeste mense het ‘n droom vir hulle lewens. Sommige droom daarvan om ryk of beroemd, of sommer altwee, te wees. Sommige wil iets groots doen en die wêreld verander. Daar is diegene wat ‘n droomhuis, ‘n droomwerk, ‘n droomkar het wat deel uitmaak van die droom wat hulle vir hulle lewens het. Daar is drome oor ‘n huweliksmaat en kinders, reise na eksotiese plekke in die wêreld, bevordering by die werk, ensovoorts.
Nie al die drome wat ons vir ons lewens het, word waar nie. Maar dit keer ‘n mens nie om te droom nie!
GOD SE DROOM VIR JOU.
God het ook ‘n droom vir elkeen van ons.
Hy het sekere dinge wat Hy deur elke mens in hierdie wêreld wil doen.
Daarom het Hy dan ook elkeen van ons uniek geskep.
Ons het almal ‘n unieke stel omstandighede. Ons het ook elkeen ‘n unieke persoonlikheid en sekere talente en gawes. En al hierdie dinge saamgevoeg, maak van ons die mense wat God kan en wil gebruik.
Maar God se droom vir jou lewe gaan nie net in jou skoot val nie.
Jy gaan Hom moet volg en saam met Hom werk om daardie droom ‘n werklikheid in jou lewe te maak.
In hierdie video gesels ons ‘n bietjie oor van die dinge wat ons gaan moet doen, om dit reg te kry.
WAT MOET JÝ DOEN?
Noudat jy die video gekyk het, het jy ‘n idee van sommige dinge wat jy gaan moet doen, om God se droom vir jou te leef.
Daar is nog ander dinge wat God ook van jou kan vra, want ook in die uitleef van Sy droom vir ons, is dit wat ons moet doen uniek aan elkeen van ons.
Maar ek wil jou aanmoedig om na te dink oor dié dinge waaroor ons in die video gesels het. Praat ook met God daaroor. Vra Hom om jou te wys watter van hierdie dinge jy dalk in 2024 in jou lewe moet toepas.
Wees dan gehoorsaam aan Hom en vertrou Hom om jou daarmee te help.
En gaan dan en leef God se droom vir jou lewe in hierdie jaar, maar ook in die jare wat nog voorlê.
Goeie more
Ek is nie seker oor die nuus briewe ens nie ek het die 10de Januarie laaste n epos ontvang skies as ek nou so onseker klink moet ek my eposte dop hou of op fb vir die daaglikse plasings ?
Dankie vir die wonderlike werk wat julle doen
Jesus seen
Hanli
Hallo Hanli. Ek stuur net een keer ‘n week, op ‘n Woensdag, ‘n nuusbrief. Jy behoort dus vandag (17 Januarie) weer een te kry.