Krag uit die Woord vir dié dae wanneer jy weet dat koffie, Red Bull en Berocca nie die ding gaan doen nie, maar die krag en hulp van die Here.
Het jy al ooit in die oggend wakker geword en net geweet, jy het absoluut geen krag vir die dag wat voorlê nie?
Dit maak nie saak hoeveel koppies koffie jy drink, of hoeveel glase Red Bull jy inryg nie, daar is nie vandag vlerke nie.
Op súlke dae het ‘n mens nodig om te weet dat dit nie die koffie of die Red Bull of die Berocca is wat jou deur die dag help nie, maar die Here.
Dan moet jy weet dat jy absoluut op Hom kan vertrou om jou te dra, jou te help, jou te versterk, en jou in staat te stel om daardie dag aan te pak en te doen wat gedoen moet word, sonder dat jy êrens deur die dag iewers in ‘n hopie gaan lê en huil.
Op súlke dae het jy ‘n paar ‘vitamienes’ uit die Woord nodig – beloftes wat jou daaraan herinner dat die Here by jou is en vir jou krag gee.
Ek het ‘n week gelede só ‘n dag beleef, en het sommer vroeg die oggend al vir my vyf verse gesoek om my te bemoediging en my geloof te versterk.
Dalk het jy vandag ook so ‘n dag. Dan wil ek graag hierdie vyf verse met jou deel.
KRAG EN VERSTERKING
Met die lees van hierdie vers het ek onmiddellik gedink aan Mattheus 11:28 waar Jesus sê, “Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”
Soms weet ‘n mens nie waarom jy nie krag vir die dag het nie, maar ander kere weet jy dit is omdat daar te veel dinge is wat gedoen moet word, en jy voel heeltemal oorwelding en oorlaai.
Weet dan dat Jesus jou uitnooi om stil te word by Hom, sodat Hy jou rus kan gee. Hy wil jou krag gee en jou versterk wanneer jou werkslading of jou doen-lysie te veel raak en jy nie meer kan nie.
MOED VIR DIE MOEDELOSES
Nog ‘n vers waarin die Here belowe om krag te gee aan die wat moeg is.
Maar in hierdie vers belowe Hy ook om die moedelose weer moed te gee.
Dalk is jy vandag op ‘n plek waar dit voel asof jy alle moed verloor het.
Kom dan na die Here. Hy gee krag aan die wat moeg is, en moed aan die wat moedeloos is.
TOT ALLES IN STAAT
Toe Paulus hierdie woorde aan die gelowiges in Filippi geskryf het, was hy waarskynlik in die tronk in Rome.
Ek kan my nie ‘n meer mistroostige plek as ‘n tronksel voorstel nie. Veral as jy in die tronk is omdat jy Jesus liefhet, en nie omdat jy een of ander misdaad gepleeg het nie.
As ‘n mens dáár moed verloor, en voel jy het nie krag om aan te gaan nie, is dit te verstane.
En tog sê Paulus dat Hy tot alles in staat is!
In konteks gesien praat hy van hulp wat die gelowiges hom gebied het, en dat hy weet wat dit is om in armoede te leef, maar ook in oorvloed.
Dan skryf hy die woorde in Filippense 4:13.
Jesus het Paulus in staat gestel om enige iets te hanteer, maak nie saak hoe moeilik dit was nie, want hy het nie op sy eie krag staat gemaak nie.
As jy vandag voel dat jy geen krag vir die dag het nie, vertrou dan op Jesus, soos Paulus gemaak het.
Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee.
DIT IS Sý WERK
Hierdie vers mag na ‘n vreemde een klink om deel uit te maak van verse wat jou moet bemoedig en help om God te vertrou vir krag vir jou dag, maar, lees dit net weer ‘n slag.
God maak jou gewillig en bekwaam om Sy wil uit te voer.
Hy gee jou die ‘ek wil graag’ asook die ‘ek kan’.
Verlede week het ek met jou gesels oor jou roeping, hoe dit veel meer is as net die werk wat jy doen.
God se roeping in jou lewe sluit elke aspek daarvan in. Sy roeping vir jou is Sy wil vir jou, en daarom kan jy met sekerheid weet dat Hy jou gewillig en bekwaam sal maak om Sy wil, Sy roeping vir jou lewe, uit te voer.
VLIEG MET ARENDSVLERKE
Ons het netnou stilgestaan by Jesaja 40:29, maar nou wil ek graag vanaf vers 28 tot 31 met jou deel:
Weet jy dan nie, het jy nog nie gehoor nie? Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Hy word nie moeg nie, Hy raak nie afgemat nie en sy insig is ondeurgrondelik. Hy gee die vermoeides krag, Hy versterk dié wat nie meer kan nie. Selfs jongmanne word moeg en raak afgemat, selfs manne in hulle fleur struikel en val, maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Jesaja 40:28-31
Ja, jy gaan moeg word.
En ja, dinge gaan soms voel of dit te veel is.
Jou doen-lysie en werkslading gaan jou partykeer oorweldig en jy gaan voel of jy moed verloor het.
Maar…. vertrou op die Here.
Hy gee jou nuwe krag wanneer jy geen krag meer oor het nie.
Hy gee vir jou vlerke, arendsvlerke, wat jou hoog die lug in dra en jou laat uitstyg bo die res.
Die krag wat Hy jou gee stel jou in staat om te hardloop sonder om moeg te word, om te loop en nie afgemat te raak nie.
VERTROU HOM NET
God is elke oomblik van die dag gereed om jou krag te gee, jou te versterk, jou te bemoedig en nuwe moed te gee.
Hy is daar om jou te help wanneer jy nie meer weet watter kant toe nie.
Hy wil Sy wysheid en insig met jou deel sodat jy kan vorentoe gaan op die pad wat Hy vir jou beplan het.
Hy is daar…. jy moet Hom net vertrou.
Word stil by Hom en laat Hom toe om jou sielerus te gee en jou met Sy krag te vul.
Dan sal jy die dag aanpak met nuwe krag en ook soos Paulus kan sê, “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee!”
My naam is magreth ek is van OTjiwarongo, ek het nie meer krag nie,
ek bid maar ek soek iemand wat sal vr my kan hulp bid,
ek het baie probleeme ,ek kan nie in die nag slaap nie oor die daai probleeme.
maar ek glo die here sal een dag my lewe treg gee, here hulp my tog asb,
My celphone nor is ,,,,081.4180665,
ek weet die here is die lewende god, hy laat lee die pad daar waar nie pad is nie.
my geloof sal vr my hulp en my huis geseen, my man my kinders, wat werk los is ,