OM GOD TE KEN: WAT DIE BYBEL Sê

Ons het in vorige artikels gesels oor om God te ken. Ons het gesels oor waarom tyd met God belangrik is. Dan het ons ook gesels oor om God te ken as die Goeie Herder.

Vandag wil ek ‘n paar Bybelverse met jou deel, waarin daar gepraat word oor om God te ken.

Ek gaan nie regtig iets sê omtrent elke vers nie, omdat ek wil hê jy moet vir God vra om jou te wys wat Hy jóú uit elke vers wil leer.

Om jou daarmee te help, het ek al die verse vir jou op ‘n bladsy bymekaar gesit, wat jy gratis HIER kan aflaai. Daar is ook ‘n vraag of twee wat jy kan antwoord om jou te help om die verse van nader te bekyk en te sien wat jy kan leer.

Om God te ken - wat die Bybel sê

OU TESTAMENT.

Eksodus 33:13:

Daarom, as ek wel guns gevind het in u oë, maak tog aan my u paaie bekend, dat ek U kan ken, sodat ek guns bly vind in u oë; besef tog dat hierdie nasie u volk is.

Jesaja 55:6-7:

Soek die Here terwyl Hy Hom laat vind, roep Hom aan terwyl Hy naby is. Die goddelose moet van sy pad afsien, en die boosdoener van sy planne. Hy moet na die Here terugkeer, sodat Hy hom genadig kan wees, en na sy God, want Hy vergeef oorvloediglik.

Jeremia 9:23-24:

So sê die Here: “‘n Wyse moet hom nie op sy wysheid beroem nie, ‘n magtige moet hom nie op sy krag beroem nie, en ‘n ryke moet hom nie op sy rykdom beroem nie. Slegs hierop moet die een wat wil roem, hom beroem: dat hy insig het en My ken, naamlik dat Ek die Here is wat troue liefde, reg en geregtigheid handhaaf op aarde; want daarin vind Ek vreugde.” Dit is die uitspraak van die Here.

NUWE TESTAMENT.

Romeine 1:20-21:

Want sy onsigbare eienskappe, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, word van die skepping van die wêreld af in sy werke begryp en is duidelik sigbaar. Gevolglik is hulle sonder verontskuldiging; want alhoewel hulle God ken, het hulle Hom nie as God geëer of gedank nie. Inteendeel, hulle denke het sinloos geword en hulle onverstandige harte is verduister.

Johannes 17:3:

En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en ook Hom wat U gestuur het – Jesus Christus.

Johannes 14:9:

Jesus sê vir hom: “Ek is al so ‘n lang tyd by julle, en het jy My nie leer ken nie, Filippus? Wie My gesien het, het die Vader gesien. Waarom sê jy dan, ‘Wys ons die Vader?'”

Johannes 1:1:

In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God.

2 Timotheus 3:16-17:

Elke Skrifdeel is deur God geïnspireer en is nuttig vir onderrig, weerlegging, teregwysing, en opvoeding om God se wil te gehoorsaam, sodat die mens wat aan God behoort, bekwaam kan wees, ten volle toegerus vir elke goeie taak.

Romeine 12:2:

Julle moenie aan hierdie wêreld gelykvormig wees nie, maar verander word deur die vernuwing van julle denke, sodat julle goed kan onderskei wat die goeie en aanneemlike en volmaakte wil van God is.

1 Johannes 2:3-4:

En dit is hoe ons weet dat ons Hom ken: As ons sy gebooie onderhou. Iemand wat sê, “Ek ken Hom,’ maar sy gebooie nie onderhou nie, is ‘n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie…

Kolossense 1:10:

…om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God…

2 Petrus 3:18:

Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.

1 Johannes 4:8:

Wie nie liefhet nie, het God nie leer ken nie, want God is liefde.

1 Johannes 3:1:

Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! En dit is ons ook. Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat hulle Hom nie leer ken het nie.

Johannes 14:21:

Wie my gebooie het en dit onderhou, hy is die een wat My liefhet. En wie My liefhet, my Vader sal hom liefhê, en Ek sal hom liefhê en Myself aan hom bekend maak.

Titus 1:15-16:

Alles is rein vir dié wat rein is, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie: sowel hulle denke as hulle gewete is besoedel. Hulle bely dat hulle God ken, maar weerspreek dit met hulle dade; hulle is afstootlik en onversetlik, onbekwaam om enigiets goeds te doen.

Romeine 10:1-3:

Broers, my hartewens en my gebed tot God vir my volk is dat hulle verlos mag word. Ek kan inderdaad vir hulle getuig dat hulle God met ywer dien, maar sonder insig. Omdat hulle die geregtigheid wat van God af kom, nie begryp nie, en probeer om hulle eie geregtigheid tot stand te bring, het hulle hulle nie onderwerp aan die geregtigheid wat van God af kom nie.

Romeine 1:18-19:

Die toorn van God word vanaf die hemel geopenbaar oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van mense wat volhou om die waarheid deur ongeregtigheid te probeer onderdruk, aangesien dit wat van God geweet kan word, aan hulle bekend is. God het dit immers aan hulle bekend gemaak.

2 Thessalonisense 1:6-8:

Dit is inderdaad vir God reg om diegene wat julle verdruk, met verdrukking te vergeld, en verligting te gee aan julle wat saam met ons verdruk word. Hy sal dit doen deur die openbaring van die Here Jesus uit die hemel saam met sy magtige engele, in ‘n vuurvlam, terwyl Hy wraak uitoefen op hulle wat God nie erken, en die evangelie van ons Here Jesus nie gehoorsaam nie.

Hierdie is maar net ‘nHierdie is maar net ‘n paar verse uit die Bybel wat ons iets leer oor om God te ken. Onthou om jou gratis hulpmiddel af te laai sodat jy die verse in bietjie meer diepte kan bestudeer. Kyk of hoeveel ander verse jy kan kry wat ook oor hierdie onderwerp handel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *