GEBEDE OM ELKE DAG TE BID

Ons is besig met ‘n reeks oor gebed. Sover het ons gesels oor wat elke gelowige moet weet oor gebed en ook oor die Onse Vader gebedsmodel. Vandag gaan ons kyk na gebede om elke dag te bid.

Gebede om elke dag te bid

PAULUS SE GEBEDE.

Daar is soveel wat ons kan leer uit die dinge wat Paulus geskryf het. Een daarvan is gebede wat ons elke dag kan, en moet, bid.

God wil hê dat ons bid vir dinge soos beskerming, voorsiening en leiding. Hy sê nie verniet dat ons oor niks besorg moet wees, maar alles in gebed, smeking en met danksegging aan Hom bekend moet maak nie!

Maar daar is heelwat geestelike dinge waaroor ons ook moet bid. Ongelukkig vergeet ons meeste van die tyd so ‘n bietjie van hulle!

In verskeie van Paulus se briewe lees ons die gebede wat hy vir die gemeentes gebid het.

Een van hierdie gebede kry ons in Kolossense 1:9-12.

PAULUS SE GEBED VIR DIE GEMEENTE IN KOLOSSE.

Paulus skryf nie net vir die gelowiges in Kolosse wat hy vir hulle bid nie. Hy skryf ook wat met hulle gaan gebeur as gevolg van hierdie gebede.

Hierdie gebede van Paulus is nie sommer net in die Bybel opgeteken om die hoofstukke langer te maak nie. Nee, dis daar vir ons. Dit wys ons wat se gebede om elke dag te bid vir onsself, maar ook vir ander gelowiges.

Kom ons lees wat bid Paulus:

Daarom dan, van die dag dat ons dit gehoor het, hou ons nie op om vir julle te bid nie. Ons bid dat julle vervul mag word met die volle kennis van God se wil, deur al die wysheid en insig wat die Gees gee, om ‘n lewe te lei wat die Here waardig is, en Hom in alles tevrede te stel, terwyl julle vrug dra deur elke goeie werk, en groei in die kennis van God, en deur die mag van sy heerlikheid al die krag ontvang om geduldig in alles te volhard. Met blydskap moet julle die Vader dank, omdat Hy julle geskik gemaak het om deel te hê aan die heiliges se erfdeel in die lig.

WAARVOOR ONS MOET BID.

Paulus spel presies uit waarvoor hy bid. Dit is dan ook waarvoor ons moet bid.

  1. Om gevul te word met die volle kennis van God se wil.
  2. Dat die Gees ons Wysheid en insig sal gee.
  3. Om krag te ontvang deur die mag van Sy heerlikheid.
  4. Om met vreugde gevul te word.
  5. Laastens moet ons die Vader dank omdat Hy ons geskik gemaak het om deel te hê aan die erfdeel van die heiliges.

Die eerste twee is goeie gebede om elke dag te bid voor jy tyd in jou Bybel spandeer. Daarmee vra jy vir God om jou te vul met Sy wil (onthou, Sy Woord is Sy wil) en om jou te help om dit te verstaan. Jy vra Hom ook om jou te help om te weet hoe jy Sy Woord in jou lewe moet toepas.

WAT HIERDIE DINGE DOEN.

Paulus skryf nie net waarvoor hy bid nie, maar ook wat die gevolg van sy gebede gaan wees. As ons sy voorbeeld volg, en ook vir hierdie dinge bid, sal dieselfde dinge ook in ons lewens gebeur.

  1. Die manier hoe ek leef sal God waardig wees en Hom tevrede stel.
  2. Ek sal vrug dra deur elke goeie werk.
  3. Ek sal groei in die kennis van God en Hom beter leer ken.
  4. En ek sal geduld hê om in alles te volhard.

NOG VAN PAULUS SE GEBEDE.

Soos ek gesê het, kry ons in meer as een van Paulus se briewe van sy gebede. Van die ander kry ons in Efesiërs 1 en 3.

Ook hierdie is gebede om elke dag te bid vir onsself en vir ons boeties en sussies in Christus.

Hierdie gebede sluit in:

  1. Dat die Vader vir ons geestelike wysheid en openbaring sal gee, sodat ons Hom beter kan leer ken.
  2. Dat die oë van ons harte verlig mag wees, sodat ons:
    a. die hoop van Sy roeping kan verstaan.
    b. mag verstaan wat die rykdom van Sy erfenis vir die heiliges alles behels.
    c. die onvergelykbare grootheid van Sy mag kan verstaan.
  3. Ook dat God se Gees ons innerlike mens met krag sal versterk.
  4. Dat ons in die liefde gewortel en gegrond sal wees.
  5. Dat ons God se liefde vir ons sal leer ken en verstaan.
  6. En dat ons gevul mag word met die volheid van God.

KOM ONS MAAK DIT EENVOUDIG.

Die gebede hierbo kom uit die 2020 Bybelvertaling.

Soms maak die bewoording in die Bybel dit ‘n bietjie moeilik om te verstaan. As dit wat ek hierbo geskryf het vir jou moeilik klink en jy sukkel om te verstaan waarvoor jy moet bid, kom ons maak dit eenvoudig:

Bid:

  1. Om God beter te leer ken.
  2. Dat jy die dinge van God sal verstaan.
  3. Dat jy mag verstaan waar jy inpas in God se planne.
  4. Ook dat jy jou waarde in Christus mag verstaan.
  5. En bid laastens dat jy God se groot mag, en Sy gewilligheid om dit in jou lewe te gebruik, ook mag verstaan.

BID DIT ELKE DAG.

Kan jy jou indink hoe ons lewens gaan verander as ons begin om hierdie gebede om elke dag te bid?

Dit gaan ons verander, maar dit gaan ons ook meer bruikbaar in God se hande maak. Hy sal ons dan kan gebruik om diegene rondom ons, se lewens ook te verander.

In Sy groot genade het God Paulus geïnspireer om die gebede wat hy vir die liggaam van Christus gebid het, neer te skryf. Dit is dan ook God se plan dat ons daardie gebede gebruik om vir onsself. En dan is dit gebede om elke dag te bid vir die liggaam van Christus.

Maak sommer nou ‘n lysie van die verskillende gebede en begin om dit elke dag te bid.

Bid hulle vir jouself en vir jou familie en vriende.

Maak ook ‘n punt daarvan om dit ook elke dag te bid vir God se ander kinders.

God se Woord is Sy wil. Daarom weet ons dit is Sy wil dat ons vir hierdie dinge bid. En ons kan verseker weet dat Hy ons gebede sal antwoord!

22 thoughts on “GEBEDE OM ELKE DAG TE BID

  1. INGRID

    GOEIEMORE BAIE DANKIE VADER VIR N DONKER NAG WAT U ONS DEURGEDRA HET DANKIE VADER VIR U LIEFDE EN GENADE VADER VANMORE KOM EK VOOR U TROON VAN GENADE MET N DANKBARE HART EN EK LOOF PRYS DANK EN EER U VIR DIT U VIR MY GEDOEN HET EN NOG GAAN DOEN VADER DANKIE MY HEER EN MEESTER DAT U VIR MY DEURGEKOM HET DANKIE DANKIE VADER KOM U EN KOM VERGEWE MY ASSSEBLIEF VADER VOORSIEN OOK IN ANDERE SE BEHOEFTES U SIT OP DIE TROON SO OOK IN MY BEHOEFTES DANKIE VADER DAT U GENADE VIR MY GENOEG IS SEEN OOK ELKEEN WAT VANDAG SALARSSE ONTVANG SEEN U HULE EN WERK SELF MET DAARDIE SALARISSE MAAK HULLE KALM WAT GESTRES IS LAAT U WIL OOK GESKIED IN MY LEWE FINANSIES EN GESONDHEID EK VRA ALLES IN JESUS NAAM AMEN.

  2. GOEIEMORE EK VRA ASB VIR GEBED DAT GOD ONS SALARIS VLGNDE WEEK SAL SEEN IN BESONDERS MYNE EN DAT GOD MET MY SAL SALARIS SAL WERK SODAT ALLES TEN GOEDE SAL UITWERK EN DAT GOD MY HOUSING SAL LOSMAAK OMDAT EK ALREEDS GOD VERTEL HET WAT EK WIL DOEN LAAT U WIL GESKIED MY VADER IN ALLES WAT EK WIL DOEN VADER EK KOM VRA OOK DAT VANDAG VIR MY SAL DEURKOM IN MY KOSKAS KRAGBOKS YSKAS EN GELDBEURSIE EN NIE NET VIR MY NIE MAAR OOK VIR ANDER VADER KOM SEEN U HULLE WAT MY VERVLOEK HET MY VYAND EN OOK MY KOLLEGAS LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAMM EN DAAROM KOM DANK PRYS LOOF EN EER EK U ALREEDS IN JESUS NAAM AMEN

  3. DANKIE VADER VIR U GOEDHEID EN GUNS OP MY LEWE EN VIR ELKE DEURBRAAK DANKIE VADER EK LOOF PRYS DANK EN EER U AMEN EN AMEN

  4. VADER BAIE DANKIE DAT U ONS DEUR N NAWEEK GELEI HET DANKIE VADER DAT U ONS BEHOED EN BEWAAR HET GAAN SAAM MET ONS DEUR HIERDIE ONBEKENDE WEEK HERE KOM U EN KOM SEEN U ELKEEN VAN ONS BAIE DANKIE VADER DAT U VIR MY DEURGEKOM HET EK LOOF PRYS DANK EN EER U VIR DIT WAT U VIR ONS GEDOEN HET EN NOG GAAN DOEN LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN.

  5. BAIE DANKIE VADER DAT U ONS DEUR N WONDERLIKE NAG GELEI HT VADER VANOGGEND KOM EK EN KOM DANK PRYS LOOF EN EER U MY GOD VADER VANOGGEND KOM VRA EK DAT U ASB VIR MY SAL DEUR KOM VANDAG LAAT U WIL GESKIED KOM EN KOM VOORSIEN ASB IN MY BEHOEFTES NIE NET MYNE NIE MAAR OOK ANDERE SN DAAROM KOM LOOF PRYS EN DANK EK U ALREEDS AL KOM VRA EK IN JESUS WONDERLIKE NAAM AMEN

  6. VANMORE KOM SE EK NET DANKIE VIR U GOEDHEID EN GUNS OP MY LEWE AMEN

  7. VADER VANOGGEND KOM SE EK U NET DANKIE VADER EK KOM LOOF PRYS EN DANK EN EER U VANOGGEND EN DANKIE VIR VOORSIENING EN DANKIE VIR U SEENINGE WAT U SO MILDELIK OP MY NEER STORT IN JESUS NAAM AMEN

  8. VADER VANOGGEND KOM SE EK VIR U DANKIE EK LOOF PRYS EN EER U VIR ALLES WAT U VIR MY GEDOEN EN SAL NOG DOEN VADER U WEET WAT VANOGGEND IN MY LEWE EN HUISIE AANGAAN KOM U EN KOM VOORSIEN IN AL MY BEHOEFTES VANDAG ASB VADER LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN EN AMEN

  9. DANKIE VADER VIR U BELOFTE DAT U ONS NOOIT IN DIE STEEK SAL LAAT NIE EN DAT U IN AL ONS BEHOEFTES SAL VOORSIEN DAAROM KOM VRA EK VANOGGEND DAT U MY ASB N DEURBRAAK SAL GEE IN MY KRAGBOKS YSKAS EN KOSKAS NIE NET IN MYNE NIE MAAR OOK IN ANDERE SN KOM U VADER EN VOORSIEN VANDAG IN MY BEHOEFTES MY GELDBEURSIE EN OOK IN ANDERE SN SEEN U ELKEEN VAN ONA EK VRA ASB DAT U WIL SAL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN.

  10. VADER VANMORE KOM LOOF DANK PRYS EN EER EK U DAT U VIR MY DEURGEKOM HET AMEN

  11. VANMORE KOM DANK PRYS LOOF EN EER EK MY GOD DAT U VIR MY DEURGEKOM HET EN DAT U NOG BAIE DINGE IN MY FINANSIES VIR MY SAL MOONTLIK MAAK IN JESUS NAAM EN U WIL IN ALLES WAT EK WIL DOEN EN BY U VRA SAL GESKIED AMEN

  12. DANKIE VADER VIR U LIEFDE EN GENADE HERE KOM U EN VOORSIEN IN ELKEEN VAN ONSE BEHOEFTES SEEN U ELKEEN VAN ONS LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN

  13. GOEIEMORE BAIE DANKIE MY HEER EN MEESTER DAT U WEEREENS VIR MY DEURGEKOM HET EN DAT U NOG VIR MY SAL DEURKOM BAIE DANKIE VADER DAT U MY KOSKAS YSKAS EN GELDBEURSIE EN KRAG WEER SAL SEEN EN AANRAAK NIE NET MYNE NIE MAAR OOK ANDERE SN LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN EN AMEN DAAROM KOM DANK PRYS LOOF EN EER EK U ALREEDS AMEN

  14. GOEIEMORE VANOGGEND VOEL EK NET DANKBAAR OMDAT MY VERTROUE IN MY GOD XTRA GROOT IS VANOGGEND DAT MY GOD MY N WONDERBAARLIKE DEURBRAAK IN MY FINANASIE,MY LEWE MY KOSKASTE YSKAS KRAGBOKS SAL GEE DANKIE VADER EK LOOF PRYS EN EER U ALREEDS AMEN ALLES VRA EK IN JESUS NAAM LAAT U WIL GESKIED AMEN EN AMEN

  15. DANKIE VADER VIR U LIEFDE EN GENADE DANKIE VIR U GOEDHEID EN GUNS DANKIE VADER VIR N DEURBRAAK WAT OPAD IS EK LOOF PRYS EER EN DANK U ALREEDS AMEN

  16. GOEIEMORE EK VRA ASB GEBED VIR MY KIND WAT NIE WIL LUISTER EN MET VERKEERDE DINGE BESIG IS VIR N DEURBRAAK IN MY FINANSIES EN ASB VIR MY VOORSIEN VAN KRAG MY KOSKASTE EN YSKAS EN GELDBEURSIE NIE NET MYNE NI MAAR OOK ANDERE SN EN DAT GOD DIT SAL SEEN TOT EERVAN SY NAAM EN DAT GOD MY SALARIS VLGDE WEEK SAL SEEN OOK ANDERE SN EN SELF MET DIT SAL WERK EK VRA OOK GEBED DAT GOD MY SAVINGS BYDI WERK SAL LOS MAAK IN JESUS NAAM LAAT U WIL GESKIED AMEN

  17. GOEIMORE DANKIE VADER DAT U EN NOG VIR MY FINANSIEEL SAL DEURKOM DANKIE VADER EK LOOF PRYS EN EER U AMEN

  18. GOEIEMOR DANKIE VADER DAT ONS ALS IN GEBED EN SMEKINGE AAN U KAN BEKEND MAAK DAT U VIR ONS SAL VOORSIEN EN DEURKOM EN MY GEBED SAL VERHOOR EN DAARDIE KIND VAN MY SAL AANRAAK LAAT U WIL GESDKIED IN JESUS NAAM AMEN

  19. GOEIE MORE EK VRA ASB VIR GEBED DAT GOD MY ASB SAL DEURKOM EK VOEL VANOGGEND SO MAGTELOOS DIE KIND GEE MY SO BAIE PROBLEME EN DAT GOD MY SAL DEURDRA EN ASB VIR MY SAL DEURKOM IN MY FINANSIES MY KOSKAS YSKAS KRAGBOKS EN BEURSIE SAL SEEN IN JESUS NAAM EN DAAROM DANK PRYS LOOF EN EER EK U ALREEDS DAT U WIL SAL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN BAIE DANKIE

  20. EK WIL U NET DANK PRYSLOOF EN EER VIR ALLES WAT U VIR MY SAL DOEN EN GEDOEN HET AMEN

    • VANMORE KOM NADER EK U TROON VAN GENAE DANKIE VADER DAT U ONS DEUR N DONKER NAG GEDRA HET DAT U ONS BEHOED EN BEWAAR HET GAAN SAAM MET ONS DEUR HIERDIE DAG EN ONBEKENDE WEEK DEK ONS TOE ONDER U KOSBARE BLOED VADER VANMORE BRING EK MY SALARIS WAT MAANDAG UITBETAAL SAL WORD NA U TOE DAT U DIT SAL SEEN EN SELF MET DIT SAL WERK TOT EER VAN U NAAM EN DAT ALLES TEN GOEDE SAL UITWERK NIE NET MYNE NIE MAAR OOK ANDERE SN LAAT U WIL GESKIED VADER MAAK OOK MY BEKERTJIE OORVOL VANDAG OOK ANDERE SN WAT STRES VUL MY KOSKASTE YSKAS KRAGBOKS EN GELD BEURSIE DEK ONS TOE ONDER U KOSBAREBLOED SEEN U ELKEEN VAN ONS HULLE WAT MY VERVLOEK HET MY VYAND EN OOK MY KOLLEGAS AMEN AMEN

  21. GOIEMORE EK VRA ASB GEBED VIR N FINANSIELE DEURBRAAK DAT GOD VANDAG VIR MY SAL DEURKOM EN EK DANK PRYS LOOF EN EER HOM ALREEDS IN JESUS NAAM AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *