VIR ALTYD VEILIG IN GOD SE HANDE

Jy is veilig in God se hande. Niemand kan jou uit Sy hand ruk nie. Deur die Heilige Gees is Hy altyd by jou.

Jy is veilig in God se hande

Daar word gesê dat sekuriteit baie belangrik is vir ‘n vrou. Ek dink egter dat mans ook sekuriteit wil hê.

Om die waarheid te sê, alle mense wil graag weet dat hulle veilige is en sekuriteit het in alle gebiede van die lewe.

Geestelike sekuriteit is egter dié sekuriteit wat ons die nodigste het.

ONS GEESTELIKE SEKURITEIT.

Jesus belowe vir ons geestelike sekuriteit wanneer Hy in Johannes 10:27-30 sê: “My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie. My vader wat hulle aan My gegee het, is groter as almal; en niemand kan hulle uit die hand van my Vader ruk nie. Ek en die Vader is een.”

Hoe wonderlik en gerusstellend om te weet ons is veilige in God se hande.

Niemand kan ons uit Sy hand ruk nie. Niemand kan ons wegvat van Hom of van Jesus af nie.

Ons is vir ewig veilig by Hom.

Ons hoef nie meer vir enige iemand of enige iets bang te wees nie.

God sal vir ons sorg. Hy sal altyd namens ons optree.

Niks kan ons van Hom en Sy liefde vir ons skei nie, selfs nie eers die duiwel nie.

Ons behoort vir altyd aan Hom. Ons kan veilig rus in die wete dat ons Sy aangesig gaan sien wanneer ons die dag sterf. Ook kan ons rus in die wete dat ons vir ewig saam met Hom gaan woon. Daar is nie eers die kleinste moontlikheid dat ons ooit weer van Hom geskei gaan wees nie.

VIR ALTYD SYNE.

Ons Pappa God is magtiger en kragtige as enige iemand anders.

Hy hou jou veilig in Sy hande.

Niemand kan jou van Hom af wegvat of jou uit Sy hand ruk nie.

Wees daarom nou rustig en glo hierdie waarheid uit God se Woord. Maak dit jou eie.

Die Heilige Gees het jou as Sy eiendom beseël (Efesiërs 1:13).

Jy het dus geestelike sekuriteit.

Jy is vir altyd veilig in God se hande!

LEES OOK: GOD SIEN JOU, MOENIE BANG WEES NIE

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *