Daar is verskeie verse in die Bybel wat ons wys hoe belangrik dit is om God te soek. Hy belowe in Jakobus 4:8 dat, as ons tot Hom nader, Hy tot ons sal nader.
In die Ou Testament was dit glad nie so maklik om God te soek en tot Hom te nader nie. Die Israeliete moes hulle wend tot profete en priesters, wat tussen hulle en God gestaan het, en Sy wil aan hulle bekend gemaak het.
In die Nuwe Testament werk dit egter anders. Kinders van God kan vrylik tot Hom nader deur Jesus Christus. Die Heilige Gees woon in elke gelowige, en daarom kan ons weet dat God altyd by ons is. Hy het dan ook belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie.
LEES OOK: 15 BYBELVERSE OOR GOD SE NABYHEID EN SORG

OM GOD TE SOEK: OU TESTAMENT.
Jeremia 29:13: Julle sal vra na My wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
Deuteronomium 4:29: As julle die Here julle God dáár aanroep, sal Hy julle gebed verhoor as julle Hom nader in onverdeelde trou.
Psalm 105:4: Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig Sy teenwoordigheid.
Jesaja 55:6: Vra na die wil van die Here terwyl Hy nog te vinde is, roep Hom aan terwyl Hy nog naby is.
Hosea 10:12: Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle ‘n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”
Psalm 24:6: Die mense wat na sy wil vra en Hom dien, is die geslag van Jakob.
Amos 5:4: So sê die Here vir Israel: Vra na my wil, dan sal julle lewe!
Sefanja 2:3a: Vra na die wil van die Here, alle nederiges in die land, almal wat doen wat die Here wil. Streef na geregtigheid, na nederigheid!
Psalm 27:8: Ek onthou wat U gesê het: “Julle moet My kom dien!” Ek is hier om U te dien, Here.
Daniël 9:3: Daarom het ek my na die Here God gewend in gebed en smeking: ek het gevas, rouklere aangetrek en as oor my kop gegooi.
Hosea 6:3: Kom ons wy ons aan Hom toe, kom ons streef daarna om ons aan die Here toe te wy. Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreën, Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik.
Psalm 119:10: Ek wil aan U gehoorsaam wees met my hele hart, laat my nie afwyk van u gebooie nie.
NUWE TESTAMENT.
Mattheus 6:33: Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.
Lukas 11:10: Elkeen wat vra, ontvang, en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Handelinge 17:27: God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind. Hy is nie ver van enigeen van ons af nie…
Jakobus 4:8: Nader tot God en Hy sal tot julle nader. Was julle hande, sondaars, en reinig julle harte, huigelaars.
Ons as God se kinders is in die bevoorregte posisie om met vrymoedigheid tot die troon van genade te gaan. Laat ons nie versuim om dit te doen nie, maar elke dag van hierdie geleentheid gebruik maak!
Amen Praise the Lord
Hy is die weg en waarheid