WEES BLY OOR DIE PROBLEME VAN DIE LEWE

Elkeen van ons het van tyd tot tyd een of ander probleem waarmee ons sukkel. Soms is die probleme van die lewe baie groot en daar is nie veel wat ons self kan doen om dit op te los nie. Ander kere is dit ‘n klein probleempie, iets waarvoor jy maklik ‘n oplossing kan kry, maar dit beteken nie dit veroorsaak nie stres in jou lewe nie!

Ons hou nie van probleme nie. Wanneer ‘n probleem sy kop uitsteek, wil ons so vinnig as moontlik ‘n oplossing daarvoor hê sodat dit tog net kan verdwyn.

Maar het jy geweet die probleme van die lewe kan goed wees vir jou?

Wees bly oor die probleme van die lewe

Om die waarheid te sê, daar is ‘n hele paar voordele verbonde daaraan om nie weg te hardloop van jou probleme nie, maar dit vierkantig in die oë te kyk.

Wanneer ons besef dat die Here, hoewel Hy nie verantwoordelik is vir ons probleme nie, dit tog kan gebruik om ons te laat groei en te versterk, sal ons die probleme van die lewe dalk anders benader. Ons sal ook meer geneig wees om te doen wat Jakobus in Jakobus 1:2 skryf. Daar staan: “My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom…”

DIE GEURE VAN GROEI.

‘n Teesakkie lyk nie na veel wanneer jy daarna kyk nie. Dis net ‘n klomp droë blare wat in ‘n sakkie toegebind is. Maar sit dit in warm water en die heerlike geure wat binne die blare is, word vrystel.

Ons is soos daardie teesakkie. Ons moet ook soms eers in warm water beland voor ons kan groei en die goeie wat die Here binne ons geplaas het, kan vrystel.

In hierdie video kyk ons waarom probleme vir ons voordelig kan wees, sodat ons kan doen wat Jakobus sê en bly wees wanneer daar volgende keer ‘n probleem op die horison verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *