In 1 Tessalonisense 5:18 lees ons: “Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”
Joyce Meyer vertel dikwels hoe die Here op ‘n stadium vir haar gesê het om vir ‘n ruk lank nie vir enigiets te vra wanneer sy bid nie. Sy moes dit doen totdat Hy weer vir haar die groenlig gegee het om weer vir dinge te vra. Al wat die Here wou hê dat sy in haar gebedstyd doen, was om vir Hom dankie te sê.
Soos jy kan dink, was dit nie maklik nie.

KLA IN PLAAS VAN BID.
Wyle Charles Capps vertel weer van die dag toe hy besig was om te bid en die Here hom gevra het wat hy doen?
“Ek bid,” het hy geantwoord.
“Nee, jy kla!” het die Here geantwoord.
Sien, almal van ons is skuldig daaraan dat ons baie keer dikwels in ons gebede net met God oor ons probleme praat.
Ons sê, “Here, ek was gister by die dokter. Hy het my gediagnoseer met…” En vir die volgende 40 minute vertel ons die Here alles wat die dokter gesê het, asof Hy nie by was toe ons by die dokter was en ook alles gehoor het nie. (Ons vergeet ook dat die Here nie die dokter se diagnose nodig het om te weet wat fout is met ons wanneer ons siek is nie!)
Dan eindig ons die gebed met, “Maar ek glo dat U my gaan genees.”
Hoeveel van daardie gebed was gefokus op God se goedheid?
Hoeveel was gefokus op die feit dat Jesus reeds die prys vir ons genesing betaal het, dat dit ons s’n is (1 Petrus 2:24)?
En hoeveel was gefokus op die negatiewe dinge wat die dokter gesê het?
Hoe is dit moontlik om ons geloof vry te stel wanneer ons gebede altyd op negatiewe dinge gefokus is en nooit op God en wat Hy alreeds gedoen het nie?
FOKUS OP DIT WAARVOOR JY DANKBAAR IS.
Daar is so baie dinge waarvoor ons dankbaar kan wees.
Ons kan vir die Here dankie sê vir wie Hy is. Ons vir Hom dankie sê vir wat Hy gedoen het, besig is om te doen, en nog in die toekoms sal doen.
Dan kan ons ook vir Hom dankie sê vir Jesus en vir wat Hy vir ons aan die kruis gedoen het. En ons kan dankie sê vir wie ons in Christus is en wat ons in Hom het.
Verder kan kan ons ook vir Hom dankie sê vir elke seëning wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het.
Ek wil jou uitdaag om vandag so ‘n bietjie tyd opsy te sit en ‘n lysie te maak van al die dinge waarvoor jy dankbaar is. Neem dan nog ‘n paar minute en sê vir die Here dankie vir elkeen van daardie dinge.
Ja, jy mag steeds die Here vra om dié dinge wat jy nodig het, te voorsien – tensy Hy vir jou sê jy mag dit vir ‘n ruk lank nie doen nie, soos Hy vir Joyce gesê het! Maar probeer om in jou gebede meer te fokus op wie Hy is en wat Hy alreeds gedoen en besig is om te doen, en minder op die behoeftes wat jy het.
Jy mag dalk verstom staan oor die verskil wat dit in jou gebedslewe maak en hoe vol vreugde jy gaan wees!

VADER BAIE DANKIE VIR U LIEFDE EN GENADE VIR N NUWE WEEK NUWE MAAND VIR U GOEDHEID EN GUNS WAT OP MY RUS VIR MY BEKER WAT OORLOOP EN VADER BAIE DANKIE EK KOM LOOF PRYS EN EN EER U VANMIDDAG VADER KOM OPENBAAR U VIR MY WAAR MY FOON IS LAAT U WIL GESKIED DANKIE VADER EK LOOF PRYS DANK EN EER U ALREEDS DANKIE VADER DAT U MY BAIE LIF HET EN EK VIR U EK KOM VRA ALLES IN JESUS NAAM AMEN.
VADER VANMIDDAG KOM EK MET N DANKBARE HART EN KOM SE NET VIR BAIE BAIE DANKIE DAT U VIR MY DEURGEKOM HET VADER ALLES KOM GEE EK IN U HANDE DAT U DAARDIE GELD DUBBELD EN DWARS SAL SEEN EN DAT U SELF MET DAARDIE GELD SAL WERK U WEET HOE GRAAG EK MY MA SE HUIS WIL REG MAAK EN DAT U WIL SAL GESKIED EK KOM VRA ALS IN JESUS NAAM AMEN
DANKIE VADER VIR DIE DAG WAT U AAN ONS GESKENK HT DANKIE VADER VIR U LIEFDE EN GENADE VADER EK KOM LOOF PRYS DANK EN EER U VANMORE DAT U SO WONDERBAARLIK VIR MY DEURGEKOM HET DANKIE VADER DAT U WIL IN MY LEWE GESKIED HET DANKIE VADER VIR N WONDERBAARLIKE DEURBRAAK IN MY LEWE VADER U WEET HOE EK VOEL VANDAG VADER DANKIE VIR DAARDIE GEVOEL VADER VANMORE KOM GEE EK DAARDIE GELD IN U HANDE KOM U MY HEER EN MEESTER EN KOM WERK SELF MET DIT ALLES WAT EK WIL DOEN DAT DIT NIE EK SAL WEES WAT DIT DOEN NIE MAAR DAT DIT U SAL WEES WAT DIT SAL DOEN DEK DAARDIE GELD TOE ONDER U KOSBARE BLOED LAAT U WIL GESKIED KOM U VADER EN KOM SEEN SEEN DAARDIE GELD MET MY SALARIS VADER NIE NET MYNE NIE MAAR OOK ANDERE SN ALLES KOM VRA EK IN DIE NAAM VAN MY KONING JESUS AMEN EN AMEN
VADER VANMIDDAG KOM LOOF PRYS EER EN DANKU VIR DIT WAT U VANDAG VIR MY GEDOEN HET EK KOM LOOF PRYS EN EER U MY GOD DANKIE VADER VIR DIT WAT U NOG VIR MY GAAN DOEN EK VRA DIT IN JESUS NAAM AMEN DANKIE LAAT U WIL GESKIED IN MY LEWE DANKIE VADER AMEN
VADER EK KOM DANK PRYS EER EN LOOF U DAT U GISTER VIR MY DEURGEKOM HET EN EK WEET DAT U OOK VANDAG VIR MY SAL DEURKOM EK LOOF PRYS DANK EN EER ALREEDS DANKIE VADER DAT U VIR ANDERE OOK DEURGEKOM HET DANKIE VADER VIR U SEENINGE LAAT U WIL GESKIED IN MY FINANSIES AMEN EN AMEN
VADER VANMORE KOM SE EK U NET DANKIE VADER EK KOM LOOF PRYS DANK EN EER U VIR U GOEDHEID EN GUNS OP MY LEWE IN MY HUIS IN MY KRAGBOKS YSKAS KOSKAS EN IN MY GELDBEURSIE DANKIE VADER LAAT U WIL GESKIED IN MY ALLES VAN MY LEWE IN JESUS NAAM AMEN
DANKIE VADER VIR ELKE VOORSIENING IN MY LEWE EN DAT U VANDAG WEER VIR MY SAL VOORSIEN NIE NET VIR MY NIE MAAR OOK ANDERE SEEN ELKEEN VAN ONS SO OOK MY VYAND HULLE WAT MY VERVLOEK HET DAAROM KOM LOOF PRYS DAK LOOF EN EER U ALREEDS LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN EN AMEN
DANKIE VADER VIR U GOEDHEID GESONDHEID LIEFDE GENADE EN ONS GESPAARDE LEWENS SEEN ELKEEN VAN ONS EN DANKIE VADER VIR ALLES WAT U REEDS EN NOG VIR MY GAAN DOEN IN JESUS NAAM AMEN