Hier in die Bybel Biblioteek kan jy na hartelus rondkyk en soek na ‘n gratis hulpmiddel om jou te help met jou Bybelstudie, met gebed, of sommer net iets wat jou daaraan herinner dat God jou liefhet.
Die Biblioteek is slegs vir persone wat ingeteken is op Nader In Eenvoud. Moet asseblief nie die skakel van die blad met ander deel nie, maar verwys hulle naNader In Eenvoud sodat hulle ook kan inteken. Dankie dat ek jou kan vertrou om ons Biblioteek ‘n geheim te hou!
Kliek op ‘n prentjie om die hulpmiddel wat jy gekies het, af te laai. Soms is daar skakels wat jy kan volg om by ‘n ander blad uit te kom, waar jy nog hulpmiddele kan aflaai.
Bybelstudies En Joernale
Nader in Eenvoud se Bybelleesplanne bestaan uit 21 dae. Hierdie Joernaal is ontwerp om saam met die leesplanne te gebruik en het dus ook plek vir 21 dae se aantekeninge. Elke dag het plek vir die volgende: Datum en Skriflesing. Vers, frase of woorde wat uitsaan. Wat God vir jou sê. Hoe jy dit kan toepas. Jou gebed.
Die Woord van God het baie waarde en kan soveel in ons lewens vermag. In hierdie 21-dae Bybelstudie oor die Woord leer gaan jy meer daaroor leer. Elke dag het ‘n skrifgedeelte, ‘n vraag om te oordink en ‘n vraag om jou te help om ‘n toepassing te vind.
‘n Agt dae joernaal om jou oë te vestig op Jesus en wat Hy vir jou aan die kruis gedoen het. Daar is skrifgedeeltes om te lees, plek om neer te skryf wat die Here vir jou sê, en ook ‘n gebedsidee met plek om jou gebed neer te skryf. Ideaal vir die week voor Paasfees!
Leer meer oor die verskillende Name van Jesus, wat ons in die Bybel kry, in hierdie 50 dae joernaal.
Skryf Die Woord
‘n Goeie manier om die Woord van God in jou hart te bêre, is om dit te skryf. Laai hier Leesplanne af wat jy daarvoor kan gebruik.
Oral in die Ou Testament is daar profesieë oor Jesus. In hierdie Skryf Die Woord Joernaal, spesiaal vir Paastyd, kyk ons na van die profesieë asook waar Jesus dit in die Nuwe Testament vervul het.
‘n 3-Maande uitdaging om tyd in die Woord te spandeer deur die dag se teks te skryf. Op dié manier bêre jy die Woord in jou hart en gee dit jou kans om stadiger deur die teks te werk, sodat jy regtig kan sien wat daar staan.
Hierdie Skryf Die Woord hulpmiddel bestaan uit vier planne van 21 dae elk, wat jy kan gebruik om die Woord te skryf of dit te bestudeer. Daar is ook bladsye wat jy kan druk om te gebruik om die Woord te skryf.
Bybelleesplanne
Daar word elke maand ‘n nuwe leesplan by ons Bybelleesplanne gevoeg. Besoek die blad en kyk watter leesplan hierdie maand vir jou van waarde gaan wees.
Vir Jou Gebedslewe
‘n Joernaal om jou stiltetyd meer stuktuur te gee. Daar is bladsye waar jy die Woord kan oordink. Daar is plek om jou gebede neer te skryf. Daar is plek om God se antwoord op gebed neer te skryf en ook lysies te maak van dié dinge waarvoor jy wil bid.
‘n E-boekie met Woordgebede wat jy vir jou kind kan bid. By elke gebed is die verwysing van die vers in die Bybel, waarmee dit korrespondeer, aangedui.
Almal het met tye gebed vir hulle finansies nodig. Hierdie boekie is vol bemoediging, gebede en ook gebedsvoorstelle.
Spandeer tien dae in die Woord en in gebed vir jou huwelik en huweliksmaat.
Hierdie is ‘n 50 dae plan om jou gebedslewe te verbeter. Elke dag is daar ‘n idee van iets waarvoor jy God kan dank en ook iets waarvoor jy kan bid.
Bybelverse Vir Bybelstudie
Bybelverse oor die beloftes van God.
Bybelverse oor vergifnis.
Bybelverse oor God die Vader.
Bybelverse vir wanneer jy bang is.
E-Boeke
‘n E-boekie met agt oordenkings, ‘n paar bladsye met gebede uit die Woord, en twee leesplanne. Hoewel die leesplanne vir Desember 2019 en Januarie 2020 opgestel is, kan jy dit enige tyd van die jaar gebruik.