Kies Jou Bybelleesplan

Kies die leesplan wat vir jou interessant klink en kliek op die skakel om dit af te laai. Dit sal jou na my Google Drive toe vat, waar jy dan op die Download knoppie aan die bokant van die bladsy moet kliek om die nodige te doen.

Bybellees Joernaal

Nader in Eenvoud se Bybelleesplanne bestaan uit 21 dae. Hierdie Joernaal is ontwerp om saam met die leesplanne te gebruik en het dus ook plek vir 21 dae se aantekeninge. Elke dag het plek vir die volgende:
Datum en Skriflesing.
Vers, frase of woorde wat uitsaan.
Wat God vir jou sê.
Hoe jy dit kan toepas.
Jou gebed.