5 DAE OM JOU STILTETYD TE VERSTERK

‘n Eenvoudige stiltetyd-uitdaging vir gewone mense met vol lewens.

Voel jou stiltetyd soms deurmekaar, ongereeld of afgeskeep? Begin jy elke jaar met goeie voornemens, maar iewers langs die pad verloor jy jou motivering?

Dan is hierdie 5-dae Stiltetyd-uitdaging vir jou.

In die laaste week van Januarie nooi ek jou uit om saam met my te kyk na hoe jy jou tyd saam met die Here kan inrig, sodat jy in 2026 in die gewoonte kan kom om gereeld tyd met Hom te spandeer.

Vir vyf dae ontvang jy elke dag ‘n kort e-pos met:

  • ‘n Duidelike fokus vir die dag
  • Praktiese aksiestappe
  • ‘n Gratis PDF wat jy kan uitdruk om jou met die dag se aksiestappe te help

Ons gaan onder andere kyk na:

  • ‘n Tyd en plek vir jou stiltetyd
  • Hoe om ‘n eenvoudige plan vir die volgende maand of kwartaal te maak
  • Die rol van gebed in jou stiltetyd
  • En nog baie meer!

Hierdie uitdaging is vir jou as jy:

  • nog nooit stiltetyd gehou het nie en nie weet waar om te begin nie
  • al lank ‘n Christen is, maar jy die laaste tyd jou tyd met die Here ‘n bietjie afgeskeep het
  • hierdie jaar met ‘n plan vir jou stiltetyd wil begin, in plaas daarvan om elke dag te wonder wat jy nou eintlik moet en wil doen
  • 26-30 Januarie 2026

Hierdie uitdaging is heeltemal gratis, so skryf vandag in en begin 2026 met ‘n sterker stiltetyd-fondasie.